Die Hollanders is gerat vir die winterkoue, want hulle weet dat as jou maag binne warm is, dan ontdooi jou koue tone vanself.
~ Alida My skoonma se hollandse hutspot. Bestanddele: 6 middelslag aartappels 10 middelslag wortels 4 uie 2 koppies gaar botterbone of 1blikkie ingemaakte botterbone. ‘n klontjie botter. Sout en swartpeper na smaak. Hoender in blokkies gesny. (Hier kan jy kies hoe gesond jy wil eet. Dit is net so lekker met stukkies bacon of boere wors in wieletjies gesny of bees kookvleis) Metode: Indien jy nie daarvan hou om die blikkies botterbone te gebruik nie, moet jy die boontjies vooraf sag kook. Skil en kook al die bestanddele saam in een pot met ‘n half koppie water. Druk al die groente saam fyn met ‘n aartappeldrukker en roer die botter goed deur. Geur met sout en peper. Braai die hoenderblokkies tot bruin en geur na smaak. Laat dit ‘n paar minute prut om ‘n bruin geurige sousie te vorm. Skep‘n groot blob groente in ‘n warm bord. Maak ‘n holte met die agterkant van die lepel om ‘n dammetjie te vorm. Skep die hoender en sousie bo-op die groente en smul.
0 Comments
Leave a Reply. |
AuthorsDr. Marike de Klerk Categories
All
|