Naturopathic Health Care Centre Hazelwood
  • Welcome
  • Articles
  • Meet the team
  • Naturopathic Clinic
  • Weight Loss
  • IVFIT
  • Contact Us

Dilemma van ‘n werkende ma. 

7/20/2016

0 Comments

 

SR. ALIDA IDEMA

Hoeveel werkende ma’s, wat hul babas en kleutertjies daagliks by dagmoeders moet gaan aflaai, loop hulle nie op die een of ander dag vas teen die “verset” van so ‘n betrokke klein mensie nie?  Oor die jare het daar eintlik min verander om hierdie situasie vir ‘n mamma beter te maak. 

Hier volg ‘n gesprek tussen my en my kleuter van destyds:
Ek:      “Gaan jy môre weer lekker by tannie Christa speel?”
Kind:   (Kopskuddend) “Hmm Umm.”
Ek:      “Ja toe, man.”
Kind:   “Ek klaar by tannie Kista peel het, tannie Kista nou genoeg gehad het.”
Ek:      “Nou wil jy môre terug na die babaskool toe gaan?”
Kind:   “Hmm Umm.”
Ek:      “Nou waarheen wil jy môre gaan?”
Kind:   “Tug na jou toe, Mamma.”
 
Ek het ‘n paar kenners onder wie ‘n maatskaplike werkster, ‘n opvoedkundige, ‘n sielkundige en ‘n kleuterskoolonderwyseres met die volgende vrae genader:
  • Is daar ‘n meer of minder ideale tyd om terug te gaan?
  • Hoe kompenseer ‘n ouer op ‘n gesonde manier?
  • Waarmee sus ‘n ma haar skuldige gewete?
  • Hoe skadelik is dit vir kinders om so min ouerkontak te hê, veral voorskoolse kindertjies?
 
Wanneer kan ‘n ma weer gaan werk?
Daar is nie ‘n ideale tyd om terug te gaan werktoe nie.  Dit is ‘n persoonlike besluit wat oorweeg moet word na aanleiding van die volgende:
  1. Moeder en baba se gesondheid                                                                                                     Daar is baie aanpassings om te maak gedurende die eerste paar maande.  ‘n Moeder wat natuurlik geboorte geskenk het herstel gewoonlik vinniger as ‘n ma wat ‘n keisersnit ondergaan het.
  2. Die kind se behoeftes en ontwikkelling. Vanaf geboorte tot ses maande: Beskou die eerste drie maande as die “vierde trimester” van swangerskap en dop elke moontlike steen om sodat jy by jou baba kan wees gedurende hierdie tydperk.  Alhoewel “bonding” alreeds plaasvind gedurende die swangerskap, word dit juis nou bevestig.  Dit is ook gedurende hierdie tydperk wat baba se voedingsbehoeftes baie veranderlik is en die meeste aandag verg.   Nege tot vier-en-twintig maande: Baie kenners meen dat die tydperk die belangrikste tyd is vir identifikasie met die primere versorger en manifesteer die vrees om ‘n ouer, veral die moeder, te verloor baie sterk. Drie jaar en ouer: Dit is belangrik dat daar sosiale blootstelling gegee word, maar daar is steeds die behoefte aan emosionele veiligheid en geborgenheid. Wanneer ‘n kind skool toe gaan, is die kritieke vormingsjare agter die rug.
  3. Finansiele oorwegings: Vir die meeste moeders weeg hierdie ongelukkig die swaarste, want vir baie is daar geen ander opsie as om te moet gaan werk nie. Jy kan egter probeer om beheer te neem oor die situasie en met jou werkgewer onderhandel vir ‘n deeltydse pos, meer aanvaarbare ure of van die huis af werk.
  4. Emosionele oorwegings: Die meeste jong moeders is ongemaklik daarmee dat iemand anders bedags vir hulle instaan. Vir ander is dit egter ‘n uitkoms uit ‘n lang eensame dag.  Baie vroue bou aan ‘n loopbaan en kan moeilik leef sonder die vervulling wat ‘n loopbaan meebring.
  5. Logistieke oorwegings: Daar is die keuse tussen ‘n dagsorg fasiliteit en ‘n “nanny”. Moontlik is daar ‘n ouma of ‘n ander famililid beskikbaar wat kan uithelp.  Deesdae is daar ook die moontlikheid dat pappa ‘n rukkie kan uithelp met die tuisversorging vir die eerste paar maande.

Kan ek aanhou borsvoed ?
Ja, jy kan.  Maar moet dit nie alleen prober doen nie.  Daar is baie mammas wat suksesvol borsvoed, uitmelk en voltyds werk.  Maar dit is nie vir almal maklik nie.
  • Belê in ‘n goeie elektriese borspomp.
  • Versamel borsmelk en vries, begin vroegtydig.
  • Pomp gereeld om melkproduksie te stimuleer. 
  • Melk uit en vries wat ookal jy kan, moenie ‘n spesifieke hoeveelheid teiken nie, dit sal jou gespanne laat voel. Spanning is die slegste ding vir melkproduksie.
  • Probeer natuurlike maniere om melkproduksie te verhoog. Voorbeelde is Fenugreek en Brouers gis.   Moenie langer as twee weke gebruik nie.
  • Drink baie water.  Dit gebeur dikwels dat ‘n nuwe mamma vergeet om genoeg vloeistowwe in te neem.
  • Sluit aan by ondersteuningsgroepe soos La Leche League, “Exclusive pumpers”-faceboek groep of gaan vind uit by jou plaaslike gesondheidskliniek wat beskikbaar is in jou omgewing.
​Neem foto’s, laat dit uitdruk en hou ‘n album op datum.  Blaai gereeld daardeur. Die brein registreer die gelukkige tye met mekaar en versterk sodoende die wete van ouerbetrokkenheid in die kind se lewe. 
Die kwessie van beskikbare tyd
​

Aangesien dit in vandag se tyd vir die meeste gesinne onmoontlik is om ‘n tuisbly ouer te bekostig het ek gaan kyk na maniere om rondom hierdie uitdagings te kom deur goeie benutting van beskikbare tyd.
  • Stel prioriteite, hou die take eenvoudig en los nie-dringende sake. Hou ‘n lys van pligte en skrap wat afgehandel is.
  • Verdeel die huistake onder al die gesinslede.
  • Versterk die positiewe interaksie tussen gesinslede deur saam te werk en te speel. Hierdie “saamweestyd” kan ook gebruik word om die “weg-van-mekaar-af-tyd” te bespreek. Sit een aand per week opsy vir pret. Hou die aandete eenvoudig en beperk die skottelgoed.
  • Roetine kan vervelend en sieldodend wees, maar dit is baie waardevol om tyd te bespaar.
  • Skakel die radio en televisie meer dikwels af.
  • Vestig ‘n aandroetine en sit jou kind in die bed met ‘n storie of liedjies, dit bied ‘n kosbare geleentheid om daardie spesiale aandag te gee.
  • Probeer reëlings by die werk tref om by spesiale geleenthede soos ‘n wedstryd of ‘n prysuitdeling teenwoordig te wees.
  • Neem foto’s, laat dit uitdruk en hou ‘n album op datum.  Blaai gereeld daardeur. Die brein registreer die gelukkige tye met mekaar en versterk sodoende die wete van ouerbetrokkenheid in die kind se lewe.
  • Moedig gedagtewisseling aan en vra die kind uit oor die ervarings van die dag, by die dagmoeder of by die skool. Maak van elke geleentheid gebruik om van hart tot hart te praat.
 
Ander wenke
  • Oorweeg ‘n werk naby jou huis, al is dit vir ‘n kleiner salaris.
  • Dink vooruit en maak voorsiening vir skoolvakansies en siektes.
  • Besluit saam met jou man oor gedeelde verantwoordelikheid.
  • Maak gebruik van hulpbronne soos vriende en familie en beloon hulle op jou beurt met liefde, aandag en geskenkies.
 
‘n Woordjie oor Pa
Navorsing wat in die laat tagtigerjare in Amerika gedoen is, het getoon dat jong paartjies saamstem dat man en vrou mekaar in die huishouding moet ondersteun en kindersorgpligte gesamentlik moet behartig. Tog is dit so dat die werkende vrou meer as 40 maal soveel tyd aan huiswerk en kinders bestee as haar eggenoot. ‘n Opname oor ‘n tydperk van drie jaar van 1400 gesinne met kinders onder 11 jaar, waar albei ouers werk, het getoon dat net een uit elke vyf pa’s hoegenaamd met die kinders help. Dit is steeds twintig jaar later ‘n groot probleem in die meeste huishoudings.  Alhoewel die nuwe geslag pa’s ‘n meer moderne aanslag het en die nuwe geslag ma’s baie fermer hulle mans betrek, bly die finale verantwoordelikheid steeds die ma s’n.
 
Wat van ma?
Ma’s wat uit vrye keuse gaan werk, het dikwels meer emosionele konflik as ma’s wat buitenshuis werk weens finansiële druk. Hoe ook al, die meeste ma’s voel skuldig en hartseer om hulle kinders af te laai om te gaan werk.
​Kinders moenie dink dat Ma se ‘n leë gat is waarin sy verdwyn en wat haar ongelukkig maak nie. Gesels met jou kinders oor jou dag by die werk.
werk
 
Dit sal help om te weet dat navorsing getoon het dat kinders van wie albei ouers werk, nie noodwendig slegter daaraan toe is as kinders wie se ma’s tuis bly nie. Dit gaan natuurlik gepaard met ‘n aantal voorwaardes:
 
Maniere om die situasie te verbeter.
  • Moenie jou skuldgevoelens op enige wyse vir jou kind wys nie.  Die feit dat jy skuldig en depressief voel, maak jou kind angstig en dit maak die skeiding moeiliker.
  • Voorkom dat skuld en hartseer jou so depressief maak dat dit inmeng met kwaliteit-gesinstyd. Maak vrede en gaan proaktief te werk om dit vir almal die beste te laat uitwerk.
  • Kinders moenie dink dat Ma se werk ‘n leë gat is waarin sy verdwyn en wat haar ongelukkig maak nie. Gesels met jou kinders oor jou dag by die werk. Vertel van snaaksighede en lag saam daaroor.
  • Verseker die kind dat jy hom baie liefhet, baie aan hom sal dink en hom baie sal mis, sonder dat hy die gevoel kry dat jy ongelukkig of hartseer is.
  • Hou op om die martelaars-rol te speel omdat jy glo ‘n goeie ma moet haarself vir haar gesin offer.
  • Hou jou eie batterye gelaai deur jouself gereeld te bederf. As jy jou rol as ma en beroepsvrou so ernstig opneem dat jy jouself nooit tyd gun om te lag, te speel en te ontspan nie, is dit tyd om selfondersoek in te stel.
  • Vind geleentheid vir selfvervullende aktiwiteite. ‘n Stokperdjie, ‘n nuwe kursus, oefening of ‘n koppie tee by ‘n goeie vriendin kan net die regte medisyne wees.
  • Betrek die pa en ouer kinders liefdevol, maar ferm. Leer die kinders om hulle skooltasse dadelik weg te sit, hulle vuil klere op te tel en hulle handdoeke op te hang, tafel te dek en af te dek.
  • Pa kan ook in die nag opstaan en hy kan óók by sy werk afneem om kinders rond te ry of siek kinders na die dokter te neem.
  • Neem biddend en in afhanklikheid van die Here beheer van jou eie lewe en moenie ‘n slagoffer word van die maalstroom van die wêreld om jou nie.
 
Bepaal jou prioriteite
Die feit dat jy ‘n tuis-mamma is maak nie noodwendig ‘n “goeie” ma van jou nie. As ‘n vrou nie die temperament het om self haar kinders op te pas nie behoort sy iemand goed te betaal om dit vir haar te doen.
Elke werkende moeder moet nogtans haar prioriteite bepaal. As haar kinders deur haar werk benadeel word, moet sy haar werklas verminder. Ongelukkig sien ons dikwels die gevaartekens te laat.
 
Vroue moet hande vat en saamwerk, saambid vir die dag wanneer elke vrou die geleentheid gewaarborg word om die eerste drie jaar by haar kind deur te bring, heeltyds of deeltyds, met voldoende geld, status en geen verlies aan werknemersvoordele nie.
 
Tot dan sal daar vroue met skuldgevoelens in kantore bly sit en ander met frustrasie tuis en dit tot nadeel van ‘n gesonde samelewing.  ​​
0 Comments



Leave a Reply.

    Authors

    Dr. Marike de Klerk
    ​Dr. Swanepoel 
    (Homeopath)
    Sister Alida 
    (Registered Nurse)

    Categories

    All
    Babies
    Chiropractic Therapy
    Dr. A Gerber
    Dr. Chantell Groenewald
    Dr. Marethe De Vos
    Dr. M De Klerk
    Dr. Swanepoel
    Events
    Female Health
    FLU
    Functional Medicine
    Gut
    Homeopathic Remedies
    Infertility
    Informative Sessions
    Juice Recipes
    Liizl Miller
    Mental Health
    Mindfullness
    Mom & Baby
    Newsletter
    Pain
    Pretoria
    Products
    Psychologist
    Recipes
    Sexual Health
    Sister Alida
    STRESS
    Weight Loss
    Wilna Pretorius Biokineticist

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Welcome
  • Articles
  • Meet the team
  • Naturopathic Clinic
  • Weight Loss
  • IVFIT
  • Contact Us